
=====================================================================
Staan Afrikaans sy man oor die lug? (AV 4:2)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


Staan Afrikaans sy man oor die lug?

Andries Cornelissen, mediaverslaggewer van Beeld, som op waar Afrikaans by die ter perse gaan van Afrikaans Vandag by radiostasies staan.

HOEWEL Afrikaans perdfris en gesond is by gemeenskapradiostasies in groot dele van die land, het Afrikaans aan die kortste ent getrek in 
die verkoop van die SABC se streekradiostasies.

Afrikaans blyk ook nie gewild te wees by voornemende private radiostasies nie, omdat Afrikaanssprekendes geen probleme het om na Engelse 
radiostasies te luister nie.

Altesame 28 van die 83 gemeenskapradiolisensies wat die Onafhanklike Uitsaai-owerheid (OUO) reeds landwyd toegestaan het, saai in 'n 
meerdere of mindere mate in Afrikaans uit.

Die meeste van di 28 gemeenskapradiostasies saai meer as die helfte van hul programme in Afrikaans uit.

Twee van di radiostasies -- een in Noordwes en een in die Oos-Kaap -- saai nog nie uit nie, maar het reeds lisensies gekry. Die verdeling 
van di radiostasies in die provinsies is: Gauteng 6, Vrystaat 5, Noordwes 2, Wes-Kaap 10, Mpumalanga 1, Noord-Kaap 1, Oos-Kaap 2 en 
KwaZulu-Natal 1. Die Noordelike Provinsie het geen gemeenskapradiostasies wat in Afrikaans uitsaai nie.

Die meeste van die nuwe eienaars van die SABC se streekradiostasies het Afrikaans f van die lug verwyder f Afrikaans verminder.

East Coast Radio (voorheen Radio Port Natal) saai nou net in Engels uit, terwyl hy onder die SABC se beheer 20% in Afrikaans uitgesaai het. 
KFM in Kaapstad het voorheen 65% in Afrikaans uitgesaai, maar dit is nou verminder tot 50%. Radio Oranje in die Vrystaat saai nou 60% in 
Afrikaans uit teenoor 70% onder die SABC se beheer.

Hoewel onsekerheid nog bestaan oor die toekomstige eienaars van Radio Jakaranda, het die voornemende kopers onderneem om nie onmiddellik 
die taalbeleid te verander nie. Newshelf 71, die konsortium wat aanvanklik di radiostasie gekoop het voordat regstappe sy planne tydelik 
in die wiele gery het, het selfs die moontlikheid genoem om die 60% Afrikaans oor di radiostasie te vermeerder.

Die grootste verlies vir Afrikaans was die totale verwydering van Afrikaans oor Hoveld Stereo, een van die mees winsgewende radiostasies 
in die land. Advertensies oor di radiostasie sal voortaan net in Engels wees. Die radiostasie het voorheen 40% in Afrikaans uitgesaai. 
Mnr. Gary Edwards, nuwe stasiebestuurder, het aan die OUO ges hy meen nie die verwydering van Afrikaans sal die luistertal benvloed nie. 
Hoveld Stereo het volgens SABC-syfers onder die uitsaaier se beheer sowat 53% Afrikaanse luisteraars gehad.

Net een voornemende private Afrikaanse radiostasie het by die OUO om 'n lisensie aansoek gedoen. Die Wes-Kaap en Gauteng kry op 1 September 
elk 'n Afrikaanse geselsradiostasie nadat die OUO twee uitsaailisensies oor mediumgolf aan Punt op Mediumgolf toegestaan het. Dit sal die 
eerste Afrikaanse geselsradiostasies in die land wees en die eerste radiostasies naas die SABC se Radio Sonder Grense wat net in Afrikaans 
uitsaai.

Terug na bo

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av423.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999     Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- April 1997 /// Afrikaanse sektor moet in rat kom (AV 4:2) /// 'n 
Positiewe taaltoekoms (AV 4:2) /// Staan Afrikaans sy man oor die lug? (AV 4:2) /// SAG begin wins sien (AV 4:2) /// Tale word digterlik 
saamgebind (AV 4:2) /// Laat Afrikaans soos kakiebos woeker (AV 4:2) /// Afrikaans en 'n taalplan vir Suid-Afrika (AV 4:2) /// Keuses word 
nou vir en in Afrikaans gemaak (AV 4:2) /// Moedertaalonderrig is belangrik (AV 4:2) /// Staan nader -- daar's hoop! (AV 4:2) /// Hoekom 
stry? (AV 4:2) /// Zoo leert men ... Afrikaans (AV 4:2) ///

